Home

Accommodation
Attractions in area
Background
Bookshops & Galleries
Businesses &
Public Services
Festivals &
Cultural Activities
*Stookfees
*Other
Historical Buildings
& Artifacts
News
Picture gallery
Property for sale
Restaurants

Tigers
Tiger Canyons

Upcoming events
Zanokhanyo
Leather & Steel

Contact us

 

STOOKFEES

 

Dis weer tyd vir die groot Stookfees op Philippolis

Die 22ste jaarlikse Stookfees gaan op 14 en 15 Maart in Philippolis - die oudste dorpie in die Vrystaat - gehou word, en die jaar gaan die fees behoorlik ‘stook’ met tradisie.

Feesgangers gaan kan smul aan al wat ‘n lekkerny is soos afval, stampmielies, Karoo Oesters en selfs skaapstertjies! Maar vir die minder waaghalsige eters sal daar ook lekker brode, sosaties, en nog baie meer wees by die padstalletjies en ook die gewilde restaurant en pub ANTIE EMILY. Die gewilde kuier plek is na Emily Hobhouse vernoem omdat dit vroëer jare die huis was waar haar weefskool was.

En wat sal ‘n Stookfees dan nou wees sonder Witblits skop! Daar gaan gestook word, gedrink word en verkoop word.

En tussendeur kan nuuskieriges/stadsjapies ook nader staan om te kyk hoe hulle jare gelede botter en stene gemaak het, en ook sommer sien hoe ‘n skaap geskeer en ‘n koei gemelk word.

Die meer avontuurlustiges kan deelneem aan die avontuurresies en enigste wetlike ‘Jail Break’ in die land. Dit is ‘n ou Stookfees tradisie waar ‘gevangenes’ uit die oorspronklike tronk wat in 1872 gebou is, ontsnap en dan moet hulle binne ‘n tydperk van 12 ure, 80 km aflê deur te hardloop, fiets te ry, te swem, ens., terwyl hulle skuiling soek van die  ‘tonkbewaarders’ wat hulle sal penaliseer as hulle gevang word!

Verskeie kunstenaars gaan sorg vir vermaak die hele dag lank en daar kan sterre gekyk word ook, saam met sterrekenner Gerrit Penning – Philippolis is bekend vir sy sterrehemel (besprekings is noodsaaklik).

Hoe dit ookal sy, daar gaan iets wees vir ‘n ieder en ‘n elk, maar die dorpie gaan verseker behoorlik stook, en daar gaan tot laat nag gekuier en geskoffel word.

Aktiwiteite:

  • Witblits stokery

  • Avontuurresies - Jail Break

  • Sterrekyk, Vrydag-aand 19:30 te Waterkloof, aangebied deur Gerrit Penning. Wyn en snoeperye sal bedien word. Bespreking is noodsaaklik.

  • Donkiekar ritte

  • Perde ritte

  • Outydse steenmaak demonstrasie

  • Koeimelk demonstrasie, room afskei en botter karring.

  • Koeimelk kompetisie

  • Draadspan kompetisie

  • Skaapskeer demonstrasie en kompetisie en ‘n jong Philippoliser wat verlede jaar 24 000 skape in Australië geskeer het, gaan probeer die wêreld spoedskeer-rekord te breek!

  • ‘n Gesprek met oom Gert oor sy boererate.

  • Paint ball

  • Glybaan

  • Skyfskiet

Vir meer inligting kontak ook:

Pierre : 082 77 00 101
Anita : 072 99 250 99 
Elaine : 082 507 4155 (stalletjies)
Suzanne Venter : 084 581 0678, 011 – 889 090, suzannev@caxton.co.za